Teken In
Blog
Lede Bydraes
Teken In
Blog
Lede Bydraes

Datum

Kunstefees

Waarom ’n kunstefees?

Die beoefening van die kunste in sy vele vorme is deel van die mens se kultuur. Dit is vasgemaak in die Bybelse kultuuropdrag wat God in Gen 2:15 aan die mens gee.

Die verbondskind moet onderskeidingsvermoë op hierdie terrein leer. Die kind leer estetiese geletterdheid en waardering en word aangemoedig om deel te neem. So kry hy kans om sy kreatiewe vermoëns te ontdek en uit te bou. Met die kunstefees wil ons die kind bewus maak van die visuele, ouditiewe en tasbare dinge en die kreatiewe vermoëns van die mens.

Hierdie bewusmaking dien om God te loof. Dit is vir ons baie waardevol dat die jong kunstenaar deelneem met die rede om dit te geniet en in sy kreatiwiteit sy afhanklikheid van God te besef en Hom daarmee en daardeur kan loof en prys.


Die estetiese moet altyd voldoen aan ’n bepaalde orde wat God daargestel het, daarom ondersteun ons nie kuns wat wanorde of chaos uitbeeld nie.


Kuns kan maklik skeefgetrek word, dit is dus belangrik om in die skeppingsproses na die wil van God te vra. God wil, soos verwoord in Fil 4:8 hê dat die mens ook in die kuns moet soek na alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is. ICO nooi ons jong kunstenaars om volgens hierdie beginsels hul pragtige talente met ons te kom deel en van mekaar se gawes te kan geniet.

Kunstefees

Raak deel of vind meer uit

20 Maart 2024

Wanneer om kinders se oë en ore te toets



Liesel Brummer

Departementshoof grondslagfasestudies Aros

13 Maart 2024

Skoolbeheerliggaam-verkiesings



Deon Lerm

Constanze van der Walt

Fedsas

6 Maart 2024

Praktiese onderwys – ’n onmisbare skakel in die vorming van voorgraadse studenteonderwysers

Dr Maretha Steyn

Departementshoof BEd

Akademia

28 Februarie 2024

Generasie Z se leervoorkeure




Johan Koekemoer

Hoof: onderrig en leer

Skoleondersteuningsentrum


21 Februarie 2024

Die onderwyser se werkslading begrond vanuit die PAM dokument


Dr Carolien van Heerden

Skoolhoof

Laerskool Magalieskruin


14 Februarie 2024

Assessering in die klaskamer




Mev Olga Channing

Departementshoof

Senior en VOO-fasestudie

Aros

7 Februarie 2024

Die eerste goue 1000 dae in ’n kind se lewe


Dr Melody de Jager

Opvoedkundige spesialis

Mindmoves Instituut


31 Januarie 2024

Hoe lyk jou skool se kliëntediens



Chantal Swart

Bemarkingsbestuurder

Soltech


17 Januarie 2024

Gemeenskappe kry die skole wat hulle verdien


Mnr Paul Sauer

Uitvoerende hoof

SAOU


Instituut vir Christelike Onderwys


Al ons nuus op een plek
Vereiste veld!
Vereiste veld!

KOPIEREG © 2024. Alle Regte Voorbehou. 

Webtuiste deur: Cloudstream Funnels

Jou mandjie is leeg Gaan voort
Inkopie Mandjie
Subtotaal:
Afslag 
Afslag 
Sien Besonderhede
- +
Uitverkoop